![]() Tuis | Meer oor VONKK | VONKK Liedere | Verwerkings | Hulpmiddels | Kopiereg | Skep nuwe musiek | Nuus | Skakels |
|
|
VONKK wil ook graag leraars, kantoryleiers en orreliste help met die aanvulling van liedere en musiek wat liturgies baie sinvol in die erediens aangewend kan word.
Gemeentes is welkom om hiervan gebruik te maak en op hierdie wyse weer die rykdom van die psalms in die erediens terug te bring. KLIK HIER vir voorbeelde van die response van psalms wat reeds verwerk is. ANDER BESKIKBARE LITURGIESE MUSIEK • Verwerkings van VONKK-liedere (indien daar reeds verwerkings bestaan) kan gevind word by VONKK LIEDERE onder die spesifieke lied se nommer. • KLIK HIER vir nuwe verwerkings van ander liedere van die Liedboek en FLAM (VONKK liedere uitgesluit) • KLIK HIER vir ’n databasis van bestaande Orrelverwerkings van Liedboek-liedere, asook 'n Bronnelys van bundels waaruit u hierdie verwerkings kan bekom
VONKK wil graag ook kantoryleiers en orreliste help om geskikte kantorymusiek te bekom. Daar is soveel bestaande verwerkings in veral Afrikaans van onder andere Liedboek-liedere en ander koormusiek wat baie bruikbaar is vir aanwending in die erediensliturgie en by spesiale geleenthede soos kerssangdienste, paasfeesdienste en so meer. So is daar reeds ook al kantoryverwerkings van enkele van die FLAM-liedere beskikbaar. VONKK lys graag die kantorymusiek wat in die databank beskikibaar is, met die nodige inligting en verwysings vanwaar hierdie musiek bestel kan word. Ter wille van die kopiereg sal u verstaan dat VONKK ongelukkig nie al hierdie musiek op die web beskikbaar kan stel nie. KLIK HIER vir die beskikbare Kantory-verwerkings wat gemeentes met die nodige CCLI-lisensies gratis mag aflaai. |
|
| Login | Logout | |
© 2009 VONKK. Alle Regte Voorbehou. ![]() ![]() ![]() |
|