![]() Tuis | Meer oor VONKK | VONKK Liedere | Verwerkings | Hulpmiddels | Kopiereg | Skep nuwe musiek | Nuus | Skakels |
|
|
BEGELEDINGS-CD'S VAN DIE LIEDBOEK
Die volgende CD's is te koop: BEGELEIDINGS-CD'S van die Liedboek: Saamgestel deur die Sinodale Kommissie vir die Erediens, NG Kerk in die OVS. 526 liedere uit die Liedboek (11 CD's) is opgeneem om as begeleiding van gemeentesang tydens eredienste gebruik te word, wanneer die gemeente se orrelis nie beskikbaar is nie. Die orrel word deurgaans as hoofinstrument gebruik met diskante en ander instrumente soos strykers, fluite, koperblasers en perkussie om die begeleidings verder te versier. Met die begeleidings is daar gebruik gemaak van interessante inleidings, modulasies en 'n verskeidenheid van harmonisasies. Die prys beloop R570 vir die hele pakket. Dit kan bestel word by: BYBEL-MEDIA by bestel@bmedia.co.za of 0860 231 231 (10/9/2009) <<Terug | |
| Login | Logout | |
| © 2009 VONKK. Alle Regte Voorbehou. | |