Tuis | Meer oor VONKK | VONKK Liedere | Verwerkings | Hulpmiddels | Kopiereg | Skep nuwe musiek | Nuus | Skakels

 

MEER OOR VONKK


WIE OF WAT IS VONKK?

VONKK is deel van ADGO (Algemene Sinode se Diensgroep vir Gemeente Ontwikkeling) se Projekspan vir Musiek wat voortdurend nuwe en ook inheemse kerkmusiek moet skep en versamel. Alhoewel die Liedboek wat in 2001 verskyn het ’n wonderlike skat van klassieke en meer eietydse klassieke kerkliedere bevat, weet ons dat klassieke kerkmusiek in die moderne eeu waarin ons leef nog steeds ontwikkel. Dit sien ons ook wêreldwyd. Dit is ook hoekom die Algemene Sinode van 2007 dit goedgekeur het dat naas FLAM (sien www.flam.co.za) wat kontemporêre musiek versamel, die proses van voortdurende versameling en keuring van klassieke kerkliedere ook steeds moet voortgaan.

As jy wil weet waar VONKK in die strukture van die NG Kerk inpas: VONKK lewer verslag aan die ADGO se Projekspan vir Musiek, wat saam met die Liturgie en Prediking-werkgroepe deel vorm van die Erediensgroepering van ADGO.

VONKK staan vir Voortgesette Ontwikkeling van Nuwe Klassieke Kerkmusiek

 

VONKK SE MISSIE

Die opdrag van die Algemene Sinode aan FLAM en VONKK was:

  • om ’n meganisme te skep waarvolgens nuwe eietydse en ook inheemse klassieke kerkmusiek deurlopend in die kerk opgeneem kan word
  • en om riglyne vir die skep van nuwe klassieke kerkmusiek daar te stel

 

VONKK SE VISIE

VONKK wil graag wyd dink en wil musiek vir die hele erediens voorsien.
Dit sluit dus nie net nuwe liedere in die klassiek styl in nie, maar ook liturgiese musiek vir orrel en ander klassieke instrumente vir gebruik tydens sekere momente van die erediens. VONKK sal ook aandag gee aan kantorymusiek (koormusiek) vir die erediens.

Onder die versameling van klassieke liedere, wil ons graag aan veral ook die psalms aandag gee. Ons glo dat ’n kerk wat nie psalms sing nie, is arm. Na goeie navorsing, besef VONKK dat die strofiese omdigtings van die psalms met die Geneefse melodieë soos wat dit in die Liedboek voorkom, nie oral byval by gemeentes vind nie. Daarom werk ons ook aan kortvorm psalms wat die inhoud/boodskap van die psalm in ’n korter vorm met ’n eenvoudiger en makliker singbare melodie weergee.

VONKK is ook deeglik bewus van die verskillende spiritualiteits-groeperinge wat binne gemeentes bestaan en die behoeftes van hierdie verskillende spiritualiteits-groepe. Hoewel gemeentes dalk nie daarvan bewus is nie, is die mistieke spiritualiteitsgroep dikwels die tweede grootste groep in die gemeente. In die lig hiervan wil ons veral ook die hoeveelheid van liedere in die meditatiewe styl vermeerder.

 

SAMESTELLING VAN VONKK

Die VONKK-werkgroep bestaan uit 8 kundige predikante en musici met ’n besondere liefde vir klassieke kerkmusiek. Dié agttal VONKK-lede het ook uiteraard bepaalde kwalifikasies en/of spesiale ondervinding op die terrein van liturgie, himnologie en musiekwetenskap. Van die VONKK-lede was ook op verskeie maniere betrokke by die samestelling van die Liedboek van die Kerk. Sommige was lede van die samestellende werkgroepe vir die Liedboek, ander het weer of as komponis, teksdigter, setter, meegewerk of was deel van die eindredaksie van die Liedboek of die Kitaarbegeleiersboek van die Liedboek. Van die VONKK-lede is ook betrokke by ander musiekliggame soos die SA Kerkorrelistevereniging, die SA Koorververeniging, en so meer.

 

DIE VONKK BESTUUR

Ds. Jacques Louw
Voorsitter van VONKK en die
ADGO Projekspan vir Musiek

Jacques:

•  is  mede-leraar van die NG Gemeente Hoopstad in die Vrystaat
•  is vir meer as 20 jaar reeds lid van die Sinodale Kommissie vir die Erediens van die NG Kerk in die  OVS, waarvan die afgelope 8 jaar as voorsitter, en help met die praktiese opleiding van die teologiese studente in Himnologie by die Universiteit Vrystaat
•  was lid van die Liedboek-kommissie en is komponis, teksdigter, van ‘n aantal Liedboek- en FLAM-liedere
•  was eindredakteur van die Kitaarbegeleiersboek en die Liedboek-Sleutel en mede-samesteller van die publikasies Met hart en mond en hande en Wat sal ek speel?
•  was projekleier vir orrelopname van die Liedboek op CD
•  is self ook ’n orrelis en koorleier

Sy kontakbesonderhede is:
Posbus 3, HOOPSTAD 9479
Tel: (053) 444 1021
Sel:  082 487 7061
Epos: jacques.louw@absamail.co.za

 

Prof. Daleen Kruger
Ondervoorsitter van VONKK

Daleen:

• is ‘n orreldosent by die Skool vir Musiek, Noordwes-Universiteit en ook betrokke by nagraadse kursusse en navorsing oor kerkmusiek
• is uitvoerende kerkorrelis met ’n aantal CD’s op haar kerfstok
• is die voorsitter van die SA Kerkorrelisteverening
• was lid van die Psalmkommissie vir samestelling van die Liedboek
• tree gereeld as spreker op by geleenthede oor kerkmusiek

Haar kontakbesonderhede is:
Skool vir Musiek, Noordwes-Universiteit
Potchefstroom Kampus, POTCHEFSTROOM  2520
Tel:  (018) 297 1696 (w)
Sel:  082 7010 255
Epos: daleen.kruger@nwu.ac.za  of daleenkruger@lantic.net

 

Ds. Cassie Carstens
Skriba van VONKK

Cassie:

• is medeleraar van die NG Gemeente Wierdapark-Suid, Centurion
• is tans deeltydse dosent in Himnologie aan die Universiteit van Pretoria
• was betrokke by die samestelling van Jeugsangbundel I (1984) en Jeugsangbundel II (1993)
• was ook een van die eindredakteurs van die Liedboek van die Kerk
• is self ’n orrelis en koorleier
• is ook betrokke by die SA Kerkorrelistevereniging
• tree gereeld as spreker op oor liturgiese en himnologiese aangeleenthede

Sy kontakbesonderhede is:
Posbus 52011, WIERDAPARK 0149
Tel:  (012) 653 2279
Epos:  dscassie@telkomsa.net

 

DIE VONKK SPANLEDE

Dr. Breda Ludik

 

Breda:
 
• is medeleraar van die NG Gemeente Helderberg as leraar vir aanbidding en navorsing
• is deeltydse dosent aan die Fakulteit Teologie, Stellenbosch
• tree gereeld op as spreker en aanbieder by kursusse oor aanbidding en musiek
• was betrokke by die samestelling van Jeugsangbundel II (1993)
• is teksdigter van ‘n aantal Liedboek- en FLAM-liedere
• is die skrywer en mede-skrywer van ’n aantal publikasies oor aanbidding en spiritualiteit

Sy kontakbesonderhede is:
Marianneslot 3, Fairview Heights
SOMERSET-WES  7130
Tel: (021) 851 5582  Sel:  083 375 8440
Epos:  breda@nghelder.co.za

 

Prof. Albert Troskie

Albert:

• is reeds vir 46 jaar kerkorrelis en koorleier
• hy behaal sy doktorsgraad oor die koorwerke van Max Reger
• hy was met sy aftrede professor in Musiek en hoof van die Musiekdepartement aan die Universiteit van Port Elizabeth
• hy was die stigter van die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging en was vir 20 jaar lank voorsitter van SAKOV, asook redakteur van SAKOV se jaarblad
• hy was lid van die samestellingkommissie van die Liedboek van die Kerk en was lid van die eindredaksie daarvan
• Hy is landswyd aktief as orrelis en koorleier en het reeds verskeie publikasies en CD’s die lig laat sien.

Sy kontakbesonderhede is:
Sumeer Dunes 43, Privaatsak 20134,  HUMEWOOD 6013
Tel & faks: 041 503 7854   Sel:  082 726 9595   
Epos:  a.troskie@telkomsa.net

 

Mnr. Colin Campbell

Colin:

  • is ‘n dosent in Musiekteorie en –tegnologie by die Skool vir Musiek van die Noordwes-Universiteit
  • Hy is tans besig met sy doktorale studie in kerkmusiek
  • is ’n konsert-orrelis wat landswyd uitvoerings gee
  • is as kerkmusikus aktief betrokke by navorsing in kerkmusiek
  • is die setter van verskeie liedboeke in SA

Sy kontakbesonderhede is:

Hortensiastraat 11
Grimbeekpark, POTCHEFSTROOM 2531
Tel: (018) 297 1695 (w)
Faks: 086 672 4573
Sel: 083 659 2163
Epos: ccmusic@iafrica.com of colin.campbell@nwu.ac.za

 

Dr. Driekie Jankowitz

Driekie:

  • is ’n afgetrede kerkmusiekdosent aan die College of the Arts Namibia
  • was vir baie jare ook ’n gemeente-orrelis
  • vanweë haar besondere liefde vir die psalms, het sy spesifiek navorsing oor die psalms gedoen en het in 2009 haar doktorsgraad met ’n proefskrif oor Liturgiese Psalmsang in die NG Kerk aan die NWU behaal.

Haar kontakbesonderhede is:
Posbus 30247
WINDHOEK9000, Namibië.
Tel: 00264 61 242178
Sel: 00264 81 222 9497
Epos: 3kie@iway.na

 

Mnr. Anton Esterhuyse

Anton:

  • is ‘n pianis, fluitis, panfluitis, komponis, verwerker en musiekregisseur
  • is sedert 2001 musiekleier by NG Gemeente Universitas in Bloemfontein waar hy gereeld nuwe verwerkings van onder andere Liedboek en FLAM-liedere vir instrumentale ensembles doen
  • was die afgelope paar jaar by verskeie werkswinkels vir begeleidingsgroepe betrokke
  • was as musiekregisseur betrokke by uiteenlopende produksies soos Rapport Sing Jou Taal (2006-2008),  A Tribute to Joe Cocker (2005-2007), The Boyfriend (2008) en Rina Hugo en die Bloemfontein Kinderkoor saam met Unimus (2009)

Sy kontakbesonderhede is:
Posbus 100965, Brandhof, 9324
Sel: 072 226 4755
E-pos: antone@hixnet.co.za


VONKK ADVISEURS

Prof. Stephan Joubert
Teologiese Adviseur

Stephan:

  • is tans predikant van e-kerk en as tentmaker verbonde aan die NG Gemeente Kempton-Kruin
  • Hy is ook ‘n buitengewone professor in Nuwe Testament aan die Universiteit van Pretoria.
  • Verskeie boeke en artikels het reeds uit sy pen verskyn.
  • Stephan was ook lid van die werkgroep wat verantwoordelik was vir die samestelling van die Liedboek van die Kerk

Sy kontakbesonderhede is:

Adres: Adelprachtstraat 2,
Glen Erasmia, 1619
Sel: 083 488 2822
Epos: stephan12@absamail.co.za

Dr. Karen de Wet
Taalkundige Adviseur

Karen:

• het 'n doktorsgraad in die letterkunde en was senior lektor in die Afrikaanse letterkunde, sowel as in Inligtingkunde, aan die Universiteit van Pretoria.
• Karen was ook lid van die werkgroep wat verantwoordelik was vir die samestelling van die Liedboek van die Kerk
• Karen is 'n inligtingkundige van beroep en is tans betrokke by die Bybelgenootskap se Afrikaanse Bybelvertalingprojek.

Haar kontakbesonderhede is:
Adres: Posbus 412,
HEIDELBERG 1438
sel:  079 881 1194
Epos:  karendewet@gmail.com


VONKK MEDEWERKERS

 

Me. Renette Bouwer

Renette:

  • was vir 21 jaar die orrelis van die NG Gemeente Constantiakruin
  • spesialiseer in koorleiding
  • is tans koorleier van die koor van die Universiteit van Johannesburg en die Cantamus Corde Kamerkoor
  • onder haar leiding het die UJ koor reeds verskeie internasionale toekennings verwerf
  • onder haar leiding het die twee kore verskeie CD’s die lig laat sien
  • met haar ’n besondere sangtalent en het Renette self ook al CD opnames gemaak

Haar kontakbesonderhede is:

Posbus 21644
HELDERKRUIN 1733
Tel: 011 559 2435 (w) / Faks: 011 559 3427
Sel: 083 4425 505
Epos: renetteb@uj.ac.za


Mnr. Ockie Vermeulen

Ockie:

  • is musiekonderwyser by Pretoria Boys' High School en orrelis van die NG Kerk Pretoria-Oos
  • is tans besig met sy doktorsgraad in kerkorrel (uitvoerend)
  • hy speel reeds vanaf 13-jarige ouderdom in die kerk en het ’n besonderse voorliefde vir kerkmusiek
  • was twee jaar lank orrelis in Amerika tydens sy studies daar en probeer op hoogte bly met die gereformeerde Amerikaanse erediens

Sy kontakbesonderhede is:

Koekoekweg 1510
WAVERLEY 0186
Sel:  082 444 6057
Epos:  ocvermeulen@absamail.co.za


VONKK SE WERKSAAMHEDE EN PROJEKTE

In die lig van die opdrag van die Algemene Sinode aan VONKK naamlik om ’n meganisme te skep waarvolgens nuwe eietydse en ook inheemse klassieke kerkmusiek deurlopend in die kerk opgeneem kan word, het VONKK vir onsself die volgende projekte waardeur ons vir gemeentes van hulp kan wees, geïdentifiseer:

  • die skep en versamel van nuwe klassieke kerkliedere en vir gemeentesang
  • die skep en versameling van meditatiewe liedere en multikulturele vir gemeentesang
  • die skep en versameling van kantorymusiek en -verwerkings
  • die skep en versameling van nuwe klassieke liturgiese musiek

VONKK sal dan (ook soos FLAM) van sy eie webwerf gebruik maak om hierdie nuwe klassieke kerkmusiek aan gemeentes bekend te stel.  Natuurlik sal die proses van keuring, uitklaring van die kopiereg, die set- en proefleeswerk eers deurloop moet word, alvorens ‘n lied op die web sal verskyn.  VONKK beoog om van elke nuwe lied wat op web verskyn nie net die melodielyn met akkoorde te plaas nie, maar ook ‘n vierstemmige of eenvoudiger verwerking daarvan met die oog op begeleiding, asook die kantoryverwerking van die lied indien dit beskikbaar sou wees.

Hier is meer detail in verband met die inhoud van die verskillende projekte:

1. DIE SKEP EN VERSAMELING VAN NUWE KLASSIEKE KERKLIEDERE VIR GEMEENTESANG

VONKK verstaan dit as beide die byeenbring van bestaande liedere wat wêreldwyd deur gemeentes gesing word, asook nuwe komposisies. Op hierdie terrein wil VONKK graag aandag gee aan kerkliedere wat die volle spektrum van God se Raad en van die erediens sou dek, sowel as al die aspekte van die kerklike jaar en die erediens van die lewe. Daarmee saam wil ons ook aandag gee aan die behoeftes van die verskillende spiritualiteitsgroeperings in gemeentes en liedere skep en versamel wat die verskillende verskillende spiritualiteitstipes sal aanspreek.

Binne hierdie terrein van die skep en versameling van klassieke kerkliedere fokus VONKK veral op die volgende:

• Nuwe komposisies en bestaande liedere
VONKK versamel nuwe komposisies en bestaande liedere vir die erediens, kerklike jaar en die erediens van die lewe in Afrikaans.  VONKK ontvang graag totaal nuwe skeppings van melodie en teks, of ook slegs nuwe melodieskeppings of teksskeppings.  Nadat hierdie laasgenoemde skeppings goedgekeur is, sal VONKK poog om ‘n teks of melodie vir die skepping te vind.

VONKK wil graag ook bestaande liedere wat in ander tale van die wêreld gesing word en wat liturgies vir ons funksioneel is, met ‘n eietydse Afrikaanse teks aan gemeentes beskikbaar stel.  Vertalings in Afrikaans moet volgens die internasionale kopieregvereistes, so na as moontlik aan die oorspronklike teks wees - dit wil sê ‘n letterlike vertaling wees.

KLIK HIER om die riglyne vir die skep van nuwe liedere te sien.

• Nuwe psalms
Onder die versameling van klassieke liedere, wil ons graag aan veral ook die psalms aandag gee.  Ons glo dat ’n kerk wat nie psalms sing nie, is arm.  Na goeie navorsing, besef VONKK dat die strofiese omdigtings van die psalms met die Geneefse melodieë soos wat dit in die Liedboek voorkom, nie regtig byval by gemeentes vind nie.  Daarom werk ons eerder aan kortvorm psalms wat die inhoud/boodskap van die psalm in ’n korter vorm met ’n eenvoudiger en makliker singbare melodie weergee.

KORTVORM PSALMS

1. Waarom kortvorm psalms?

Tydens 2007 is daar ‘n empiriese studie in die NG Kerk geloods oor die gebruiksfrekwensie en die funksionaliteit van die psalms. Uit die oorweldigende, positiewe respons wat verkry is, het dit geblyk dat die vorm en styl van kortvorm psalms tans die mees bruikbare, eietydse formaat vir liturgiese psalms is. 

2. Kritiek teen die huidige formaat en benadering by die psalms

Uit die vraelyste is onder andere die volgende kritiek teen die formaat en benadering wat by die psalms in die Liedboek aangewend is, gelug:

  • Die lengte van die meeste psalms maak dit onmoontlik om dit volledig te sing. Daar bestaan ‘n behoefte aan kort en kragtige psalms.
  • Klagtes is ge-opper dat die psalmomdigtings slegs die inhoud van die Skriftekste probeer weergee, en dan nie sinvol is nie of die “ware betekenis” mis. 
  • Kultuur- en ideologies-vreemde uitdrukkings en idiomatiek is gekritiseer – veral die beklemtoning van sekere temas soos ”dele en temas waaroor mens nie kan sing nie“ wat ”veroordelend en selfgesentreerdheid“ of ”wreedheid, oorlog, wraaksug, onverdraagsaamheid“, onsensitiwiteit en verwaandheid“ beklemtoon. 

3. Verskillende metodes om kortvorm psalms te benadering:

  • Opsommend - kort stelwyses en gelaaide woorde, byvoorbeeld een strofe per perikoop. Waar die essensie van elke perikoop en die psalm as geheel uitgelig word.
  • Selekteer een of meer perikope as die teks vir ‘n omdigting
  • Selekteer ‘n paar verse uit ‘n Bybelteks van ‘n psalm wat ‘n eenheid vorm vir die omdigting – sonder om die geheel van die psalm uit die oog te verloor.
  • Gebruik een kernvers of kernfrase uit ‘n psalm en omdig dit in ‘n koortjievorm of as ‘n liturgiese respons.
  • Selekteer ‘n uitstaande tema uit ‘n psalm en omdig die verse in die psalm wat daarop lig werp, terwyl die geheelboodskap van die psalm in gedagte gehou word, byvoorbeeld: 
        * emosies soos liefde, dankbaarheid, vertroue, afhanklikeid van God, eensaamheid, moedeloosheid, onveiligheid, onsekerheid;
        * behoeftes of probleme soos verskillende klagtes, onregverdige behandeling,
           siekte, ouderdom, dood, misdaad, natuurrampe; 
        * liturgiese elemente soos aanbidding, lof, sondebelydenis, smeking, die behoefte
           aan God se Woord, geloofsuiting, dankbetuiging, toewyding, bereidwilligheid tot
           gehoorsaamheid.


2. DIE SKEP EN VERSAMELING VAN NUWE LIEDERE MET ‘N SPESIFIEKE LITURGIESE FUNKSIE

• Meditatiewe liedere en musiek
VONKK wil nuutgekomponeerde en bestaande meditatiewe liedere versamel en ook liedere in die bestaande korpus van liedere wat as meditatiewe liedere kan funksioneer, identifiseer.

Wat is meditatiewe liedere?  Meditatiewe liedere is dié soort liedere wat gesing word in meditatiewe dienste/adoramusdienste. Sommige van hierdie liedere kan ook met vrug gebruik word in stiller oomblikke van klassiek dienste of as response.  ‘n Meditatiewe lied help mense om tot stilstand te kom voor God.

KLIK HIER om die riglyne vir die skep van meditatiewe liedere en meditatiewe musiek te sien.

Liturgieë: VONKK sou ook graag liturgiese formate vir meditatiewe dienste beskikbaar wou stel met kantaantekeninge oor die dinamika van die spesifieke liturgie. Uitgewerkte liturgiese elemente (bv. gebede, rituele, ens.) word ook versamel en sal ook mettertyd op die webblad geplaas word.

• Multikulturele liedere
Multikulturele eredienste bied die besondere geleentheid vir verskillende kerkgenootskappe, en veral dan taalgroepe, om saam te aanbid. By so 'n samekoms is dit veral die samesang wat die gelowiges saambind en inspireer. Daarom is dit nodig en sinvol om enkele liedere in ander tale beskikbaar te stel wat dan met groot vrug by sulke gesamenlike byeenkomste (eredienste) gebruik kan word. Hier word veral gedink aan inheemse Suider-Afrikaanse swart tale (met 'n doelmatige vertaling in Afrikaans en Engels), bekende Engelse, Duitse en Nederlandse tekste saam met die Afrikaanse weergawe, en selfs Latyn wanneer die lied wel ook ekumenies internasionaal gesing word. Die groot skat van inheemse liedere in swart tale in ons land bied die geleentheid tot sinvolle ontginning.

KLIK HIER om die riglyne vir die skep van multikulturele liedere te sien.


3. DIE SKEP EN VERSAMELING VAN KANTORYMUSIEK

VONKK wil graag deur middel van kantorymusiek bydra tot die sinvolheid van die erediens.  Vir VONKK is die volgende uitgangpunt met betrekking tot die kantory belangrik:

KLIK HIER om die riglyne vir die skep van Kantorymusiek te sien

Die liturgiese aanwending van die Kantory

Die benaming:

  • Die woord kantory is afgelei van kantor. Die kantor se hooftaak is om die gemeentesang te dien.
  • In sommige denominasies tree die kantor ook as liturg op. Die liturg se hooftaak is om die liturgie te lei en te laat vlot.
  • ‘n Kantory is ‘n groep mense wat namens die kantor of die liturg kan optree om die  gemeentesang te dien en die liturgie te laat vlot. 

Definisie:
‘n Kantory is ‘n liturgiese sanggroep wat as verlengstuk van die kantor, die gemeentesang lei. Dit kan ook saam of namens die liturg die liturgie laat vloei.

Liturgiese funksionaliteit:

  • Wanneer dit as verlengstuk van die kantor, saam met die gemeente of namens die gemeente funksioneer, is dit gewoonlik in die vorm van ‘n gebed.
  • Wanneer dit saam met die liturg of namens die liturg optree, het dit gewoonlik ‘n verkondigende taak.

Die kantory help om die liturgie te laat vlot deur:
1. die gemeentesang te dien en ondersteun;
2. gemeente te help lei tot die realisering van kommunikasie met God.

Spesifieke funksies:

Ondersteuning van die gemeentesang deur:

  • leidinggewend by die aanleer van nuwe liedere op te tree;
  • ondersteunend saam te sing wanneer liedere minder bekend is;
  • leiding te gee deur hartlik saam te sing met die gemeente;
  • die saamsing van ‘n deskant of harmonieë;
  • deur soms die gemeente vierstemmig te (bege)lei byvoorbeeld by Taizé-liedere.

Wisselsang met die gemeente deur:

  • strofes afwisselend met die gemeentesang sing. Hier kan hulle help om die teksinhoud tuis te bring deur die skep van atmosfeer en te vertolk;
  • by herhalings – om stygende dinamiese vlakke of eggo-effekte te skep;
  • antifoniese sang by strofe-en-refrein liedere waar die kantory die strofes sing (een- of meerstemmig) terwyl die gemeente die keervers sing;
  • die by die aanvang van ‘n lied een of twee reëls as inleiding te sing en daardeur die aandag op die teksinhoud te plaas deur die vertolking en die skep van atmosfeer byvoorbeeld by ‘n loflied of boetelied.

Die lewer van liturgiese bydraes as deel van die liturgiese dialoog: namens die gemeente of om die gemeente te lei deur:  

  • die sing van gebede bv. die votum of as epiklese gebed (gebed by die opening van die Woord);
  • by die liturgiese dialoog leiding te neem wanneer die liturg en die gemeente in gesproke of gesonge vorm in gesprek tree;
  • liturgiese response as deel van die hoofgebed te lewer, bv. in navolging van die litanie ‘n aangepaste verwoording van die Kyrie eleison te sing of te spreek;
  • by liturgiese response tydens die Skriflesing of die preek byvoorbeeld deur ‘n gesonge of gesproke Halleluja of Amen voor te gaan;
  • ‘n selfstandige liturgiese element byvoorbeeld die sing van die Kyrie eleison as boetedoening tydens of na die lees van die wet of ‘n gesonge geloofsbelydenis tot die erediens by te dra;
  • aansluitend by sommige liturgiese elemente te sing byvoorbeeld as uitdrukking van vreugde na die vryspraak, of as aktualisering van die geloofsbelydenis na die geloofsbelydenis, tydens die offergawe – om die betekenis van die offer te beklemtoon of aansluitend by die preek as preeklied of aansluitend by die uitsending as ‘amen’.

Namens of aansluitend by die liturg by sekere elemente op te tree deur:

  • die sing van die seëngroet;
  • deur die wet te sing;
  • die vryspraak te sing;
  • ‘n lied te sing wat ‘n verkondigende funksie het – gedurende of aanlsuitend tot die Skriflesing of die preek;
  • die sing van die seën as deel van die uitsending.

By spesiale momente in die kerkjaar, bv. by fees- of sangdienste kan die kantory bydra tot die feestelike oordra van die boodskap deur die sing van ‘n lied wat die erediens kan verryk.

KLIK HIER vir ‘n voorbeeld vir die aanwending van die kantory in ’n erediens

4. DIE SKEP EN VERSAMELING VAN LITURGIESE MUSIEK VIR DIE EREDIENS

VONKK wil graag nuwe liturgiese musiek vir klassieke instrumente soos bv. die orrel, klavier, fluite, viole vir die eredienste skep en versamel.  Onder liturgiese musiek verstaan ons solo-komposisies vir orrel en/of ander klassieke instrumente wat as voor-, tussen- of naspel of as aanvullende musiek tot sekere liturgiese momente in die erediens gebruik kan word.
Ook verwerkings gebaseer op Liedboek-, FLAM- of VONKK-liedere wat as voor-, tussen- of naspele en ‘n positiewe bydrae lewer tot die erediens kan lewer word as liturgiese musiek beskou. Makliker verwerkings word verkies, maar werke wat groter tegniese vaardigheid vereis, word nie uitgesluit nie.

KLIK HIER om die riglyne vir die skep van liturgiese musiek te sien.

[terug na bo]
Login | Logout
© 2009 VONKK. Alle Regte Voorbehou.